30 Desember 2022

Dagstuk

1 Thessalonisesnse 1
Paulus is opgewonde oor die Griekse stad waar hy gepreek het mense tot bekering gekom het, ʼn kerk gevorm het en nou die evangelie aanhou bedien aan hulle gemeenskap, maar ook aan ander stede om hulle!
Hierdie bly die formule vir die voortbestaan van die kerk:
“En julle het ons voorbeeld gevolg en dié van die Here, nadat julle die woord, ten spyte van groot verdrukking, met blydskap van die Heilige Gees ontvang het, met die gevolg dat julle 'n voorbeeld vir al die gelowiges in Macedonië en Agaje geword het.”
1 Tessalonisense 1:6-7 AFR20
Here dit is wat dissipelskap is:
Om iemand wat U volg se voorbeeld te volg en dan ander te lei om te leef soos jy lewe!
Help ons asb om goeie voorbeelde te wees en U so te dien!
U is ons 1ste Voorbeeld!