29 Desember 2022

Dagstuk

Prediker 1
Salomo se nugter, dog negatiewe uitkyk van die lewe wys vir my altyd wat kennis, wysheid en insig jou bring sonder die hoop van Christus!
“Wat ook al gebeur het, dit is wat gaan gebeur; en wat ook al gedoen is, dit is wat gedoen gaan word. Daar is niks nuuts onder die son nie.”
Prediker 1:9 AFR20
Soos dit was ʼn 1000 jaar voor Jesus in die prediker se tyd so is dit ook met ons nou!
Christus alleen maak sin vir ons lewe!
Here dankie dat U die rede is waarom ons leef!
U is ons Hoop!