28 Desember 2022

Dagstuk

Sagaria 11
Leierskap is ʼn belangrike rol waarin die Here jou oprig!
Daarom moet jy jou herderskap baie goed beoefen en nie die mense wat jy moet lei, afskeep nie.
Die hele plantegroei van die Midde-Ooste het verander van die Bybelse tyd tot nou.
Libanon en Jordanië (Edom of Basan) was bekend vir hulle bome, maar vandag is dit een groot woestyn oos van die Jordaan.
Dalk het dit ook te doen met die Ottoman Turke wat belasting gevra het op die hoeveelheid bome op jou erf, toe kap almal in daardie omgewing bome af.
Of dalk is dit die oordeel wat kom as ons verwaarloos dan word ons ʼn “woestyn”!
Here help ons om afhanklik van U, leiers te wees wat bly omgee vir mense en genade het met hulle en in eenheid staan met mense en met U!
U is die Herder van ons harte.