26 Desember 2022

Dagstuk

Spreuke 31
As jy visie het en jy is ʼn leier (in Christus lei ons ander mense in die pad van reg lewe) drink jy nie jouself dronk nie en gee jy nie jouself oor aan wellus nie!
Dus gaan leierskap gepaard met selfbeheersing.
Daarom ook die mooi beskrywing vir ʼn jong man wat hy na moet soek in ʼn vrou!
Vir vroue is die ʼn standaard om volgens te leef.
Alfabeties (volgens die Hebreeuse alfabet) werk hy deur Godvresende eienskappe wat n goeie vrou het!
Here dankie vir knap vrouens in my lewe!
My vrou, my dogters, my ma en skoonma en my vriendinne, veral die in die kerk word hier omtrent woord vir woord beskryf!
““Baie vroue het hulle knap gedra, maar jy, jy oortref hulle almal.””
Spreuke 31:29 AFR20
Here U is ons Koning en Bruidegom!