25 Desember 2022

Dagstuk

Lukas 2
Geseënde Kersfees!!
“Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid as Verlosser gebore, Christus die Here.”
Lukas 2:11 AFR20
Kom ons vier vandag Jesus!
Hy is Immanuel: God met ons!
Sy genade en verlossing het vlees geword en onder ons kom woon!!
Mag jy ook genade en vrede uitleef vandag!
Here dankie dat U aarde toe gekom het en U Lewe vir ons kom gee het!
U is ons Here en Koning wat ʼn Baba geword het vir ons!!