24 Desember 2022

Dagstuk

Sagaria 10
Die Here versorg Sy skape, Sy kudde, met herders wat Hy vertrou met visie, met ʼn goeie droom oor die toekoms, sodat hulle die mense daarheen kan lei!
Moenie glo wat mense uit hulle sonde en waarsêery profeteer nie: glo die Here!
Soos wat Hy vir Juda opgerig en gered het, so sal Hy jou red!
Here dankie dat U ʼn plan vir ons lewens het!
Ons weet die vyand het ook ʼn plan, maar syne is van vernietiging. U sn is van voorspoed en seën sodat U Naam deur ons verheerlik kan word!!
U is ons Herder!