21 Desember 2022

Dagstuk
Sagaria 9

“n Gemengde volk sal in Asdod woon…”
Die Palistyne is n gemengde volk wat woon waar die Filistyne eers was, netso is Egipte bewoon deur n ander groep mense wat die oor oorspronklike Egiptenare vervang het (meestal uit Turkye) so is meeste nasies wat teen Israel was al vernietig: Griekeland, Babelonië, Assirië en selfs Edom!
Die Here se volk die Jode is egter steeds in hulle bloedlyn dieselfde groep, Sy volk.

Want die Messias het uit hulle gekom:
“Juig, dogter van Sion! Jubel, dogter van Jerusalem! Kyk, jou koning kom na jou toe: hy is regverdig en die oorwinnaar; hy is nederig en ry op 'n donkie, op die hingsvul van 'n donkiemerrie.”
‭‭Sagaria‬ ‭9:9‬ ‭AFR20‬‬

Al moet elke Jood vandag nog deur Jesus by Vader uitkom om gered te word, bly selfs die ongeredde Jode vandag nog geseën in als wat hulle doen! (Dalk ook omdat hulle baie wyse ou testamentiese beginsels volg)

Here dankie vir die goeie nuus van hoofstuk 9 van Sagaria!
U sorg vir ons deur die eeue heen!
U is die Oorwinnaar:
Die Messias op n donkie!!