20 Desember 2022

Dagstuk
1 Samuel 29
Dawid was in die tyd wat hy vir Saul moes vlug en nie erken was in sy eie land nie, al die lyfwag van een van die konings van die Filistyne!
Hulle was egter oppad om te gaan veg teen die Israeliete.
Ek dink dit was die Here wat verhoed het dat Dawid teen sy eie mense veg. Teen die wat hy moes lei as koning later.
So al was hy gefrustreerd met sy werkgewer wat hom oorgesien het vir die taak, was dit eintlik die Here wat besig was met ʼn groter plan vir sy lewe!
Here help ons om nie kwaad te word as U plan met ons lewens anders lyk as ons planne nie!
U is in beheer!
U is God!