18 Desember 2022

Dagstuk
Sagaria 8
Jesus gaan weer in Jerusalem woon!
Die duisend jaar vrederyk is ʼn tyd nog in ons toekoms waar die Here self gaan regeer vanuit Jerusalem.
““ So sê die Here, ‘Ek keer terug na Sion en sal in Jerusalem woon. Jerusalem sal “die getroue stad” genoem word en die berg van die Here, Heerser oor alle magte, sal “heilige berg” genoem word.’”
Sagaria 8:3 AFR20
Baie van wat in die hoofstuk staan is nou alreeds aan die gebeur, maar dit sal in die volgende era eers ten volle tot vervulling kom!
Here ons besef Jerusalem is vir U belangrik, dit bly U stad en daarom sal ons bly bid vir die vrede van Jerusalem!
U is die Koning van Salem!