16 Desember 2022

Dagstuk

Spreuke 28
Vrygewigheid is ʼn wyse en goddelike waarde in jou lewe!
“Wie aan 'n arme gee, ly geen gebrek nie; maar wie sy oë sluit, word baie vervloek.”
Spreuke 28:27 AFR20
Daarom moet ons nie gulsig, oneerlik of suinig wees nie: dit lei tot armoede wat jou ook nie kan laat gee nie.
Om te gee vir ander wys jou ontsag aan die Here!
Here dankie dat U ons ontsag leer en vir ons wys wat is die regte lewe om te lei!
Help ons omgee vir ander en so U liefde te openbaar in ʼn wêreld sonder liefde.
U is die Bron van Liefde!