15 Desember 2022

Dagstuk
Die Israeliete wou na die terugkeer uit ballingskap weet watter rituele, feeste en vastye hulle nog moet onderhou.
Hulle vrae gaan oor godsdiens gebruike van hoe doen en godsdiens, maar die Here antwoord deur Sagaria dat Hy nie godsdiens wil hê nie maar verhouding met Hom!
n Ware liefdesverhouding met die Lewendige God sal tot gevolg hê:
““ So sê die Here, Heerser oor alle magte, ‘Laat die waarheid seëvier in julle regspraak; betoon troue liefde en barmhartigheid aan mekaar. Moenie weduwees, weeskinders, •vreemdelinge en armes verdruk nie; moenie bose planne in julle harte teenoor mekaar bedink nie.’ ””
‭‭Sagaria‬ ‭7:9-10‬ ‭AFR20‬‬

Here help ons om met U n hart’s verhouding te hê beter as enige godsdienstige ritueel of tradisie!
U is die Here van die Leerskare!
Heerser oor alle magte!