13 Desember 2022

Dagstuk
Spreuke 27
Versorg wat jy het en werk hard dan sal dit vir jou sorg. Dit is wat die laaste gedeelte van die hoofstuk sê.
Verder verduidelik Salomo dat rusie en ʼn persoon wat stry vir jou skade bring as jy dit probeer akkommodeer!
Dus tree wys maar ferm op met die oog op die toekoms!
Here dankie vir vriende wat ons slyp soos yster! (v. 17)
U is ons Vriend!