12 Desember 2022

Dagstuk
Sagaria 6
Die visioen van die 4 strydwaens is moontlik n visie van die kerk van die Here wat Sy Heilige Gees in die wêreld indra!
“Die engel het hard na my geroep en verklaar: “Kyk, hulle wat na die noordelike gebiede gaan, bring my Gees tot rus in daardie gebiede.””
Sagaria 6:8 AFR20
Die laaste deel van die profesie oor die herbou van die tempel dink ek egter lê nog in die toekoms wanneer Jesus weer kom om regeer.
Here dankie vir profete soos Sagaria wat oor die kerk era kon profeteer en ook die tyd waarin U in ʼn Vrederyk oor ons gaan regeer!
U is die Vredevors!