11 Desember 2022

Dagstuk
1 Samuel 26
Saul het weer sy hart verhard en Dawid weer vervolg in die woestyn in.
Dawid en 2 van sy dapper manne het egter in die nag stil in die kamp ingesluip en Saul en al sy manskappe aan die slaap gekry.
Hy vermoor hm toe nie, maar ʼn 2de keer spaar Dawid die koning se lewe:
“Die Here is die Een wat die mens beloon vir sy regverdigheid en sy getrouheid, die Here wat u vandag in my hand oorgegee het. Maar ek wou nie my hand teen die gesalfde van die Here uitsteek nie.”
1 Samuel 26:23 AFR20
Saul kry weer berou en trek weer terug na sy huis.
Here help ons asb om nie U gesalfdes aan te vat nie!
Hulle bly U gesalfdes, dus laat my asb mooi dink oor konflik met mede gelowiges!
U bly die Regter!