10 Desember 2022

Dagstuk
Spreuke 26
Eer en respek kom wyses toe en nie dwase nie.
In Israel se geskiedenis was Hamman in Ester se tyd die verpersoonliking van dwaasheid!
Hy het ʼn galg vir Mordegai gebou en is toe self daarop gehang.
“Wie 'n vanggat grawe, val self daarin, en wie 'n klip rol, na hom kom dit terug.”
Spreuke 26:27 AFR20
Here help ons om wys te wees deur wyses te respekteer en nie met dwase mense baie tyd te spandeer nie!
U is Liefde!