9 Desember 2022

Dagstuk
Sagaria 5
Die Here maak dit baie duidelik vir Sagaria en die Jode wat terug gekeer het uit ballingskap, maar ook vir ons: dat sonde soos goddeloosheid, leuens en diefstal nie n plek het onder hulle nie.
Om beginsels van reg lewe te verontagsaam bring vloeke oor ons soos wat swaartekrag jou kan seermaak as jy dit minag.
Dis NIE die Here se skuld as dit met jou sleg gaan omdat jy erens die verkeerde besluite gemaak het nie!
Here dankie dat U ons oor en oor waarsku oor sonde!
Help ons om ten volle daarmee te breek?
U is die Geregtigheid!