8 Desember 2022

Dagstuk

1 Samuel 25
Hierdie mooi verhaal van die wyse en dapper Abigail is vir my die evangelie opgesom in die Ou Testament.
Ons lewe onder die beskerming van ons Dawid: Jesus!
Maar die wêreld (Nabal die dwaas) erken nie Sy beskerming nie en beledig Hom konstant.
Daarom moet ons as Bruid, die Kerk, die Abigail van hierdie tyd by ons Koning gaan pleit dat Hy nie die wêreld nou sal vernietig nie.
Ons bring Hom hulde met ons aanbidding, met ons lewens!
Op die ou einde sal die wêreld soos Nabal tot niet gaan, maar ons as Abigail (Kerk) sal met die Koning trou!
Here ons wil in die bres tree vir die sondige wêreld wat U beledig, mag U genade openbaar maar op die ou einde regverdig oordeel.
U is ons Koninklike Bruidegom!