7 Desember 2022

Dagstuk
Spreuke 25
Om goeie raad te soek is kosbaar!
Dit is edel om deeglike navorsing te doen sodat jy ʼn verborge geheimenis kan ontrafel!
“Dit is tot die eer van God om 'n saak te verberg; en dit is tot die eer van konings om 'n saak te deurvors.”
Spreuke 25:2 AFR20
Daarom het jy goeie en wyse inspraak nodig in jou lewe.
Mense wat kla, of lieg en selfs spog help jou nie in jou soeke na die waarheid en die oop breek van dit wat verborge is nie.
Here help ons om vir ander insig te gee in hulle lewe en mag ons wysheid ontvang van U en ander om ons!
U is ons Wyse Koning!