6 Desember 2022

Dagstuk
Sagaria 4
Die Menorah, die sewe-stuk kandelaar, wat in die Tabernakel was en later in Salomo se Tempel en nou in die herboude tempel van Serrubabel moes staan na die ballingskap, het altyd nog die Heilige Gees gesimboliseer!!
“Toe het hy geantwoord en vir my gesê: “Dit is die boodskap van die Here aan Serubbabel, ‘Nie deur mag of deur krag nie, maar deur my Gees,’ sê die Here, Heerser oor alle magte.”
Sagaria 4:6 AFR20
Serubabel, die heerser in Jerusalem oor die Jode, word deur hierdie profetiese visioen bemoedig dat hy die tempel sal klaar bou al het dit hom 15 jaar gevat om dit te doen.
Vir my en jou, ons as konings en priesters (2 olyfbome) beteken hierdie woord dat die Heilige Gees ons tot vandag toe bly help en ons nie alles deur ons eie krag hoef aan te pak nie!!
Here dankie dat ons ook U Woord kan verstaan met die hulp van U Gees soos die tafel van toonbrode se brood genuttig was in die lig van die Menorah en ons dus altyd die openbarings-Lig van die Heilige Gees by ons het!
U is die Heilige Gees, ons ware Menorah!