3 Desember 2022

Dagstuk
Sagaria 3
Die Loot, Jesus, maak ons skoon in ʼn oomblik van alle vuilheid van sonde en skuld!
Dan los hy satan sonder aanklag teen ons en soos Sagaria die Hoëpriester Joshua sien so is elkeen van ons skoon aangetrek met die geregtigheid van die Here!!
Sagaria sien die genade gevolg van die kruisiging raak lank voor dit gebeur het en besef dat die mensdom vry kan kom van die onreinheid van sonde!
Here dankie dat U ons kom skoonmaak en die aanklaer ons nie meer kan aankla nie!!
U is die Loot!