2 Desember 2022

Dagstuk
1 Samuel 23
Dawid hoor noukeurig by die Here of hy moet veg of nie en of mense hom gaan verraai of nie en op grond van wat die Here sê, nie mense nie, maak hy sy besluite!
Saul daarenteen was net deur woede gedryf, hy tree op na gelang van wat mense kom vertel en wat hy dink goed is.
Dit is baie duidelik watter metode die mees effektiefste is:
Dawid help Israel en verslaan die Filistyne en kom keer na keer weg van Saul en sy weermag, terwyl Saul al agter Dawid deur die woestyn aantrek sonder om hom gevang te kry!
Boonop beskerm die Here vir Dawid ook nog deur vir Saul na ʼn geveg met Filistyne toe te vat toe Saul hom amper omsingel het!
Here help ons om daagliks en oor al ons besluite, U te raadpleeg! Ons sien dit het vir Dawid gewerk. Lei ons ook asseblief so.
U is ons Leidsman!