29 November 2022

Dagstuk

1 Samuel 22

ʼn Hartseer dag in die geskiedenis van Saul was toe hierdie selfbehepte en vreesgedrewe leier besluit om al die priesters dood te maak net omdat hulle op ʼn stadium vir Dawid gehelp het.
Leiers wat arrogante besluite maak is giftig, dodelik vir hulle volgelinge!
As jy ʼn leier is moet jy in nederigheid lei tot eer van God en mense om jou laat veilig voel!
Here dankie dat U Abjatar se lewe gespaar het!

Mag ons as leiers ook soos Dawid die uitgeworpenes van die samelewing onder ons vlerk neem en vir hulle lief wees!

U is die Vader van die vaderloses!