28 November 2022

Dagstuk
Spreuke 22
As jy iemand moet raadgee oor hoe om ʼn goeie reputasie te hou, is die hoofstuk belangrike raad:
Wees nederig, werk hard, gee aan mense met behoefte en moenie spot, lui wees of ou reëls met disrespek hanteer nie!
Jou naam is belangrik: jy het net een naam!
Dit moet ons ook ons kinders leer:
“Rig die jongmens af ooreenkomstig die pad wat hy moet loop; selfs wanneer hy oud geword het, sal hy nie daarvan afwyk nie.”
Spreuke 22:6 AFR20
Here wat ʼn voorreg om mense U woord- Die Waarheid vir hulle lewe te kan leer!
Mag hulle, veral die jongmense, dit ter harte neem en hulle lewens daarvolgens inrig!
U is ons Leraar!