27 November 2022

Dagstuk
Sagaria 1

Die Genade van die Here is onbeskryflik!
Al het Israel hulle rug op die Here gekeer, is daar nou ń tyd wat Hy hulle weer wil herstel, Jerusalem in ere opbou en die vyande van Juda wil vernietig!

Hierdie profesie vind plaas tydens Daniel se leeftyd, terwyl hy vir koning Darius werk.
Dis aan die einde van die 70 jaar ballingskap wat Israel verduur het in Babilonië.

Here dankie dat hierdie profesië nou reeds al begin vervul is.
Help ons om al die profetiese woord in die boek te verstaan en te weet wat al gebeur het en wat nog kom.
U is die Engel (die Boodskapper) op die vosperd wat oor Israel regeer!