26 November 2022

Dagstuk

1 Samuel 21
Agimeleg die priester help Dawid met toonbrode wat net priesters mag eet!
En in Nob kry Dawid ook die swaard van Goliat waarmee hy destyds die reus se kop afgekap het.
Hy vlug toe verder vir Saul in die Filistyne se gebied in en daar maak hy of hy mal is sodat die koning, Agis, hom nie dood
maak nie.
Beslis ʼn slegte en eensame tyd vir Dawid!
Here al gaan tye moeilik, U help ons altyd daardeur!
U is ons Leidsman!