24 November 2022

Dagstuk
Judas
Die broer van Jesus wat homself die broer van Jakobus noem (die broer van Jesus wat die 1ste pastoor was van Jerusalem).
Hy waarsku die kerk deur al die eeue om nie so gerus te word in die Here se genade, dat ons dit dan minag en sondig nie!
Nee ons werk as gelowiges is om te probeer heiliger en heiliger lewe, juis omdat ons al klaar gered is!
Ons dankbare harte wil en moet breek met sonde al staan ons onder Jesus se genade: ons heiligmaking is ʼn proses wat kos baar is vir die kerk.
Here help ons om nie terug te val in sonde nie maar om in heiligmaking te bly leef!
U is Jesus: ons Verlosser!!