23 November 2022

Dagstuk
1 Samuel 20
Die vriendskap van Dawid en Jonatan was sterker as Saul se  jaloesie!
Dit het egter Saul se woede ontlok, sodat hy selfs sy seun ook met ʼn spies wou vermoor.
Jonatan waarsku egter vir Dawid om finaal te vlug.
Dit het ook skeiding tussen die twee vriende gebring en dus baie hartseer.
Here dankie dat in Christus ons vriende het wat nader is as broers!
Help ons om soos Jonatan aan hulle getrou te bly!
U is ons Vriend!