20 November 2022

Dagstuk
1 Samuel 19
Saul se jaloesie oor Dawid se sukses en guns het die gevolg gehad dat beide Saul se seun, Jonatan, en sy dogter, Migal, vir Dawid gehelp het.
Die Here se Heilige Gees salwing was so sterk teenwoordig met Samuel dat 4 groepe manskappe van Saul en die koning homself nie as soldate kon funksioneer nie maar onder die krag van die Gees gelê het.
Dit laat my dink aan die groep soldate wat Jesus moes arresteer en toe eers platval onder die Gees toe die Here sê: EK is!
Here, dankie vir U bo-natuurlike beskerming, of dit nou deur mense of deur engele is, U pas ons wonderbaarlik op soos U Dawid bewaak het.
Mag ons ook soos Dawid wyse mentorskap soek in ons lewens! Hy moes so baie by Samuel geleer het!
U is die Groot EK is!