19 November 2022

Dagstuk
Spreuke 19
As jy die Here dien moet jy wys optree met wat Hy vir jou gee!
Of dit tyd, vermoëns, besittings of selfs verhoudings is, ja veral ook outoriteit, dan moet jy verantwoordelik daarmee optree en dit altyd tot die Here se eer gebruik!
“'n Huis en besittings is 'n erflating van ouers, maar 'n verstandige vrou is van die Here.”
Spreuke 19:14 AFR20
“Daar is baie planne in 'n mens se hart, maar die raad van die Here – dít kom tot stand.”
Spreuke 19:21 AFR20
Here help ons om na U raad te luister en nie ons eie kop te volg nie!
U is ons Raadgewer!