18 November 2022

Dagstuk
Maleagi 3
Die Here waarsku Israel, veral die Leviete en priesters, om nie Sy getroue voorsiening in twyfel te trek nie en ook nie die Here te besteel nie.
Die Here verduidelik dat ons HOM besteel as ons nie ons tiende gee waar ons kos kry nie.
Hierdie beginsel geld steeds: gee jou 10% vir die Here by die plek waar jy geestelike kos kry, jou geestelike huis.
Jou gee aan die Here ontlok ʼn seën (geopende vensters van die hemel) wat beteken dat die “sprinkaan”, dit wat jou kos opvreet voor dit nog by jou kom, gestop sal word sodat wat jy doen sal vrug dra!
Dit sal sorg dat mense om jou die Here sal eer vir die versorging wat hulle in jou lewe sien van Hom af.
Here help ons om met deernis en geloof, getrou aan U te bly!
U is die Een wat ons versorg.