17 November 2022

Dagstuk

1 Samuel 18
Na Dawid se oorwinning oor Goliat het die vrouens van Israel hulle tuis ontvang met die lied:
“Saul het sy 1000de verslaan maar Dawid sy 10 000de!”
Dit het Saul jaloers en afgunstig gemaak teenoor die jong Dawid.
Hy kon trots wees op die jong man en hom mentor en leer maar hy kies eerder ʼn bose jaloesie en probeer Dawid vermoor, telkens.
Jonatan word egter Dawid se vriend en Saul se dogter raak verlief op hom en trou met Dawid.
Elke moeilike toets wat Saul voor Dawid gelê het, het ontaard in ʼn oorwinning vir die jong man.
Die guns van die Here was op hom.
Here as U iemand gesalf het is daar net ʼn bo-natuurlike seën op alles wat hulle doen!!
U is die Koning van konings!