14 November 2022

Dagstuk
1 Samuel 17
Dawid verslaan vir Goliat!!
Die jong man wat nou vir Saul gewerk het, het van tyd tot tyd nog ook sy pa se skape opgepas en so het hy in opdrag van sy pa vir sy broers kos gevat toe hy hoor hoe die Filistynse reus vir God vloek.
Hy kon nie met die moderne klere van Saul veg nie, sy swaard was yster soos die Filistyne s’n (die res van Israel het maar net brons swaarde gehad) toe oorwin Dawid die Yster-tydperk Filistyn nie met brons tegnologie nie, maar uit die steen-tyd se tegnologie (ou manier) met ʼn klip en slingervel!
So neem Dawid die hele Israel in ʼn nuwe tegnologiese era in.
Hy gaan wys ook Goliat se afgekapte kop vir die Jebusiete van Jerusalem, want hy sal nog die stad ook so oorwin.
Here dankie dat U ons help teen ons REUSE probleme!
U is ons Here van die leërskare!
Die Here van weermagte (op aarde en in die hemel!)