13 November 2022

Dagstuk
Spreuke 17
Hoe jy jou geld gebruik en selfs daaroor praat is vir die Here belangrik.
Moenie spog of omkoop of verwaand met armes spot nie.
Selfs met dit wat jy het moet jy nederig en opreg leef.
Hoe jy jou finansies hanteer is ook vir jou kinders ʼn leerskool van regverdigheid.
Here help ons om genade met ander te hê deur ook te deel en U hart te wys deur vrygewig te wees.
U is die Versorger!
Die Maker van ook die armes.