11 November 2022

Dagstuk
1 Samuel 16
Samuel gaan salf die nuwe koning, maar die Here sê vir hom om nie na die uiterlike te kyk soos mense doen nie, want die Here kyk na die innerlike!
Daarom salf Samuel vir Dawid, die jongste van Isai se seuns!
Nadat Dawid gesalf is het die Heilige Gees in hom gewerk en die Here vir hom geleenthede geskep.
Daarom begin Dawid vir koning Saul werk en doen so waardevolle ondervinding op as wapendraer van die koning.
Ek praat Sondag oor SALWING en hoe dit vir ons laat uitstaan vir Christus!
Here mag ons wat deur U gesalf is ook deur U Heilige Gees gebruik word soos Dawid was!
U is ons Gesalfde: Christus!