9 November 2022

Dagstuk
Hebreërs 13
Om ń gelowige te wees verg liefde, respek, vasbyt, gasvryheid en vele meer!
Die skrywer van die boek Hebreërs moedig ons aan om ʼn lewe waardig van ʼn volgeling van Christus te leef en sluit dan af met ʼn oproep tot gebed en saam aanbid:
“Mag die God wat vrede gee, wat Jesus ons Here uit die dood teruggebring het – Jesus wat deur die bloed van die ewige verbond die Herder van die kudde geword het – julle toerus met alles wat goed is sodat julle sy wil kan uitvoer. Mag Hy, deur Jesus Christus se bemagtiging, in ons tot stand bring wat God se hart sal bly maak. Aan Hom kom die heerlikheid toe vir altyd en altyd! Amen.”
HEBREËRS 13:20-21 NLV
Here dankie dat U ons toerus deur U woord en die wat ons geestelik lei!!
U is die God van Vrede!