10 November 2022

Dagstuk
Spreuke 16
Jou manier van lewe moet van wysheid spreek:
“Alles wat jy doen, moet jy opdra aan die Here, dan sal jou planne slaag.”
SPREUKE 16:3 NLV
Harde werk en wyse besluite sorg dat jy konstant in die Here se weë bly wandel.
 
Daarom praat en doen die regte ding:
“Hoogmoed lei tot ondergang. Hooghartigheid kom net voor die val.”
SPREUKE 16:18 NLV
Here dankie vir sulke goeie lewens-raad in die hoofstuk van spreuke.
U is ons Regverdige Koning!