8 November 2022

Dagstuk
1 Samuel 15
Saul word verwerp as koning omdat hy nie na die Here geluister het nie!
Toe die Here die Amelekiete, wat Israel se swakkes vermoor en geplunder het tydens die uittog uit Egipte, wou straf deur hulle uit te wis, het Saul die koning gespaar en die beste vee vir sy manskappe.
Sy verskoning was dat dit vir die Here is:
“Maar Samuel antwoord: “Wat verkies die Here: brandoffers of gehoorsaamheid? Gehoorsaamheid is beter as offers; om te luister is beter as die vet van ramme.”
1 SAMUEL 15:22 NLV
Ons godsdiens en rituele is nie wat die Here soek nie! Hy soek ons totale gehoorsaamheid aan Hom.
Enige iets meer is rebellie!
“Opstandigheid is net so ’n oortreding soos waarsêery, en hardkoppigheid is net so ’n sonde soos afgodery. Omdat jy die Here se woord verwerp het, het Hy jou as koning verwerp.””
1 SAMUEL 15:23 NLV
 
Ongehoorsaamheid=Rebellie= heksery = waarsêerye!
Here dit help nie ons probeer voor mense reg lyk nie! Ons moet voor U reg wees!!
U is die Ewige van Israel, wat nooit lieg nie!