7 November 2022

Dagstuk
Spreuke 15
Wat jy sê, hoe jy praat, wys of jy ʼn dwaas is of die oordeel het van ʼn wyse mens.
Jou mond verklap of jy verhouding het met die Here en uit Sy woord uit jou lewe bepaal.
Daarom praat vriendelik met insig, en nooit te vinnig uit jou frustrasie nie.
Daar is ander wat van jou woorde moet leer so moet ook nie ligsinnig wees nie!
“Vir die bedrukte mens bring elke dag net probleme. Vir die blymoedige mens is die hele lewe ’n fees.”
SPREUKE 15:15 NLV
Here dankie dat U ons vreugde gee en dit deur ons praat duidelik word!!
Help ons om met wat ons sê vandag nederigheid te wys!
U is ons Goeie nuus!