6 November 2022

Dagstuk
Hebreërs  12

Al die gelowiges wat voor ons gesterf het is getuies van hoe ons ons wedloop hardloop.  
Daarom is ons wat nou leef in n heiligmakings proses.  Ons strewe om meer en meer soos Jesus te lyk en te leef. Daarom glo ons in dissipline en soos n pa n kind dissiplineer so dissiplineer die liefdevolle Vader ons.  Kom ons leef dus n lewe wat die wat voor ons geleef het en die Here sal eer.

Dankie Here dat ons meer en meer soos U kan begin  lyk as ons dit wat verkeerd is uitsny  uit ons lewens. en dan reg lewe.  
U is n Verterende Vuur!