5 November 2022

Dagstuk
1 Samuel 14


Jonatan se dapperheid saam met sy wapendraer word beskryf!
Om 2 manne teen 20 met n swaard opdraende te veg en nog te wen is ongehoord. Dis voorwaar die Here wat die Prins en sy getroue vriend gehelp het!

Maar Saul maak  ń onwyse eed aan die Here dat niemand mag eet voor die Filistyne nie verslaan is nie, en sonder dat Jonatan dit weet verbreek hy die belofte aan die Here en moet hy eintlik, soos Saul beloof het, sterf.
Die manskappe tree egter vir hom in die bres.

Die Here eer die koning se eed.
Die storie is opgeteken om te verduidelik hoekom dapper prins Jonatan nie kon koning word nie: hy is eintlik in die Here se oë skuldig aan die verbreking van ń eed en die Here sien hom soos asof hy dood is!


Nou kort daar ń nuwe Godvresende koning in Israel na Saul.
Saul was baie suksesvol.

Here dankie dat U ons dapper en sterk maak. Help ons om getrou aan U te bly.
U is ons Leidsman!
Die God van Belofte!