4 November 2022

Dagstuk
Spreuke 14
Ons staan elke dag voor keuses:
Keuses om maklike maar dwase dinge te doen en te sê OF die wyse keuse van harde werk en die moeilike maar regte pad om te stap!
“As daar nie vee is nie, is die voerkrip wel skoon; maar sonder ’n sterk os is daar ook nie ’n oes nie.”
SPREUKE 14:4 NLV
ʼn Skoon stal of voerkrip help jou niks as daar nie ʼn oes is wat vir jou ʼn inkomste kan genereer nie!
Daarom moet ons vooruit dink al is daar nou harde en aanhoudende werk voor ons.
Jou konstante regte keuses lei tot vreugde, ware blydskap, en voorspoed in wat jy aanpak.
Here dankie vir die praktiese raad in spreuke!
Mag ons besef dat om U wys te aanbid is ʼn Laaaaang termyn projek wat dan baie vrug het!
U is Altyd daar!