3 November 2022

Dagstuk
Hebreërs 11
Geloof is verhouding met ʼn onsienlike God!
Geloof is ʼn vaste wete dat wat jy nie sien nie wel daar is en wat jy op hoop nog sal kom!
Ons het elkeen nodig om te glo!
“As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon.”
HEBREËRS 11:6
Die ou testament is vol geloofs-reuse wat vooruit die Messias en al Sy vervulde beloftes kon “sien” deur te hoop daarop!
Ek en jy moet WEET wie God is en wat Hy vir ons doen!
In ons verhouding met Hom moet ons hoop, “sien”, uitsien, na alles wat Hy vir ons beloof het in Sy Woord!
Here dankie dat ons mense is van GELOOF!
Ons glo in U verlossings werk, ons glo in die opstanding van die dooies en ons glo in die ewige lewe saam met die drie-enige God!
Ons glo in ʼn oorwinnings lewe nou saam met U!!!
U is die Een waarin ons GLO!