1 November 2022

Dagstuk
Spreuke 13
“Die regverdige mens het oorgenoeg om te eet. Goddelose mense bly altyd honger.”
SPREUKE 13:25
Die verskil tussen oorgenoeg en te min, of te wel: armoede, is dat jy nie lui is nie, na wysheid om jou luister, nie wil vinnig ryk word nie maar geduldig bymekaar maak.
Om ryk te wees lyk meer soos ʼn tevrede gesindheid as ʼn gierige wellus.
As jy als wil hê voel jy nooit ryk nie al het jy baie!
As jy tevrede leef en besef in Christus het jy meer as genoeg, is jy eintlik ryk!
Dankie dat ons ons kinders hierdie beginsels kan leer!
“Verwagtings wat nie realiseer nie, lei tot mismoedigheid. ’n Begeerte wat vervul word, is soos ’n boom wat lewe gee.”
SPREUKE 13:12 NLV
“Hope deferred makes the heart sick, but a longing fulfilled is a tree of life.”
Proverbs 13:12 NIV
Kom ons maak nie leë beloftes en skep verwagtings wat ons nie kan vervul nie!
Here dankie dat U getrou bly aan U beloftes van voorsiening en versorging!
U is ons Bron!