30 oktober 2022

Dagstuk
1 Samuel 12
Samuel kondig die einde van die Rigters se era aan en die begin van die konings era skop af met Saul!
Samuel waarsku teen die nuttelose afgodery wat Israel so dikwels in die tyd van die Rigters weer in die moeilikheid gebring het.
Met Samuel as laaste Rigter vra hy dat Israel onder koninklike beheer toegewyd aan die Here alleen sal leef.
““Wat my betref, ek sal sekerlik nie teen die Here sondig deur op te hou om vir julle te bid nie. Ek sal ook voortgaan om julle te leer wat goed en reg is.”
1 SAMUEL 12:23 NLV
Kom ek en jy hou ook aan bid vir die Kerk en kom ons hou aan om hulle die Waarheid te leer.
Here dankie dat U nog steeds ons Koning is! Daarom luister ons steeds na Samuel se raad en dien U as die Enigste God!
U is die God van geslagte en geslagte!