29 Oktober 2022

Dagstuk
Spreuke 12
As jy een is wat reg lewe (regverdige) sal mens dit kan sien in die manier hoe jy jou diere behandel, ook jou omgewing en verhoudings om jou!
“Iemand wat verkeerd lewe, het nie vastigheid nie. Iemand wat regverdig lewe, is stewig geanker.”
SPREUKE 12:3 NLV
Dit is hoekom jou stille wysheid vir jou lewe bring!
En
“Dié wat pligsgetrou werk, word leiers; lui mense word slawe.”
SPREUKE 12:24 NLV
Here ons wil in nederige en beskeie wysheid hard werk en U guns en voorspoed beleef.
Help ons om nie verwaand en lui te wees nie!
U is ons Motiveerder!