28 Oktober 2022

Dagstuk
Hebreërs 9
Alles moet gereinig word deur bloed:
Daarom die kopie van die Troonkamer van God, die Tabernakel sodat die Hoëpriester van die Ou Testament daar kon offer om die volk ritueel skoon te kry, maar in die ware Troonkamer, die Heiligdom, die teenwoordigheid van Vader, is Jesus se Bloed vir eens en vir altyd die offer vir ons sonde!!
“Dit is waarom die aardse verbondstent en alles daarin – wat maar net afbeeldings van die dinge in die hemel is – met die bloed van diere gereinig moes word. Maar die hemelse dinge self het ’n baie beter soort offerande as hierdie nodig gehad.”
HEBREËRS 9:23 NLV
Ons staan dus skoon van die sonde van gister , more en van vandag!
Here dankie dat U die Offer was en die Hoëpriester wat die Bloed van vergifnis na die Vader neem vir ons om skoon van gewete voor Hom te mag wees!
U is ons Ewige-offer-Bloed!!!