27 Oktober 2022

Dagstuk
1 Samuel 11
Die Here skep ʼn geleentheid om Saul as koning te bevestig in die harte van Israel. 
Die dreigende Ammoniete was ʼn wonderlike kans wat Saul gegun was om sy gees gedrewe leierskap te kon wys!
Na Israel se oorwinning oor die vyand wil hulle hom in sy tuisdorp tot koning salf!
Here dankie dat die vyand sy hand oorspeel as hy ons aanval of dreig.  Dit skep vir U geleentheid om ons op te rig en ons kredietwaardigheid te gee deur U oorwinning oor satan!
U is die Oprigter!
U kroon ons!