26 Oktober 2022

Dagstuk
Spreuke 11
Regverdiges, ons wat gered is, se woorde en lewenswandel word gestel teenoor onbetroubare goddelose mense:
“Die regverdige kry hier op aarde wat hom toekom; net so seker die goddelose en die sondaar.”
SPREUKE 11:31 AFR83
Daar is ʼn seën en voorspoed vir die wat die regte keuses maak en met oorleg leef.
Moenie op jou voorkoms of geld staatmaak om ʼn lewens beleid vas te stel nie, bou dit eerder op die woord van die Here!
Here ons wil nie kwaad najaag nie maar wysheid en die regte ding om te doen en te sê!
U is die Regverdige!