24 Oktober 2022

Dagstuk
1 Samuel 10
Samuel salf vir Saul as koning!
Hy bevestig sy koningskap van die Here af deur ʼn reeks tekens wat sou gebeur met jong Saul.
Dit het toe so gebeur en om dit verder te bevestig het die Here die volk laat bymekaar kom by Mispa en toe bo-natuurlik ook eers die stam Benjamin en toe die familie en toe Saul aangewys.
Saul kruip toe weg maar die Here sê vir Samuel waar hy is!!
Ten spyte van al die goddelike tekens was daar steeds mense wat getwyfel het of hy die regte aanstelling was.
Here help ons om soos Saul vorentoe te kyk en ons nie te steur in die wat nie in ons glo nie!
U salf ons! Dis genoeg om U dan voluit te dien!
U is die Gesalfde wat salf!
My vrou Dot word 50 vandag!!!
Geluk my Liefie!