23 Oktober 2022

Dagstuk
Spreuke 10
Die kontras tussen regverdiges wat in wysheid optree en die dwase ongereddes word hier beklemtoon:
In wat hulle het, hoe hulle kommunikeer, hoe hulle hul salarisse spandeer, hoe hulle reputasies op eindig en vele meer.
Deur die wysheid te lees behoort ek en jy ons lewens reg te rig voortdurend.
“Wat die regverdige verdien, gebruik hy om van te lewe. Wat die goddelose verdien, verkwis hy op oortredings.”
SPREUKE 10:16 NLV
Here help ons om wys te kommunikeer en ook onsself met oorleg te laat leef!
Want ons wil U bly maak soos n regverdige kind met sy pa doen!
U is ons Pa!